Skip to content

JP en Dorien se kuiertjie

May 7, 2010

Jp en Dorien is 2 awesome mense, ek is mal oor hulle! JP is een van die min opregte goeie boerseuns met goeie maniere wat nog oor is. En Dorien is die oulike Belg aan sy sy.  Die 2 is besig om van Belgie af te ry met fietse Suid-Afrika toe. Kliek hier en gaan kyk na hul webwerf. Ek dink dis ‘n awesome avontuur en beny hulle! As als reg loop join ek hulle vir die laaste stuk hier deur Mosambiek of iets. Verseker.

Hulle het tot in Turkye gekom en toe besluit om eers ‘n breek te vat. So Augustus September se kant gaan hulle weer hulle tog hervat.

JP wou graag leer van log-cabins bou, en aangesien ek ‘n onvoltooide projek het wat vir ‘n hele rukkie botsstil gestaan het, het hy aangebied om aan te gaan daarmee, sodat hy kon leer en ondervinding opbou. En Dorien is gaande oor kayaking en riviere en die dat ons haar toe sommer geleer gids het ook in die tussentyd!

Loer gou na die fotos hier onder (kliek om hulle groot te maak) en kyk die vordering wat JP gemaak het met my cottage. Dankie JP, ek skuld jou big time! Gaan loer gou ook hier by my Youtube channel: http://www.youtube.com/user/kalliezwahlen

Daar is ‘n paar videos van julle; Dorien wat “Big Surprise” kayak, awesome! Dis nou nie ge-edit of iets nie, shit ek het nie nog tyd daarvoor ook nie! Maar enjoy!

One Comment leave one →
  1. dorien permalink
    June 7, 2010 8:53 am

    Baie dankie Kallie! Kan ons asb maar weer terugkom? Ek mis dit ERG BAIE! Lekker winter vir julle, hehe, hier aan die ander kant van die see reen dit… Cheers!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.